DYNAMITE PROMOTIONS, Exploding your Music, Business & Events into the Christian Market!
Banner

Koos van der Merwe tree op!

Posted on Thursday, June 10th, 2010 at 8:17 pm in Uncategorized by admin


Koos foto1 Koos van der Merwe tree op!Ja jy het reg gelees! Koos van der Merwe van Prophet faam tree op! Hy is nou vuur en vlam om te reis na elke kerk in hierdie land en te deel wat God vir hom deur gedigte, musiek en preke onthul. Koos se hart is regtig om sy belewenis met sy God vir mense op ‘n unieke manier te deel.

Koos is ook bekend vir sy pittige skryfwerk in die Sarie, en die jonger geslag sal dalk meer bekend wees daarmee as die musiek van Prophet. Ek onthou die eerste keer wat ek Prophet sien optree het in 1995, was by ‘n konferensie in Hatfield Christian Church waar ek vir die eerste keer gehoor het hoe hulle Houtkruis sing. Ek sal dit nooit vergeet nie, en ek is verseker nie die enigste een nie!

Koos maak ’n impak op jou met die woorde uit sy pen, en ook die musiek wat hy skryf. Nooi hom gerus na jou kerk funksie, fondsinsameling of gospel geleentheid! Vir meer oor Koos, kyk onder “Our Artists”.

Leave a Reply

© 2010 Dynamite Promotions All Rights Reserved -- Copyright notice by Blog Copyright

Positions by Seo-Watcher