Vir die van julle wat nie weet nie, In The House het vanaand ‘n gratis optrede by Hoërskool Pretoria Noord. Dis ‘n belewenis wat julle nie kan misloop nie – hierdie duo gaan groot met ‘n opwindende verhoog optrede, danse en musiek wat jou die hele aand op jou voete sal hou!
Riana van Wyk was laas week op DKNT Gospel met haar album “You’re My Glory”. Sy was ook op VCR, IFM en TWR radio, wat na gemeenskapstasies uitgesaai word. Jy kan gaan luister na sommige van haar liedjies op haar bladsy van ons website.
Die RMFJ/The Gap jeugkampe wat vir die eerste keer hierdie vakansie geloods is, belowe om net tot hoër hoogtes te gaan in die toekoms. Met al die aktiwiteite, sprekers en sangers het die kinders ‘n geleentheid gehad om op ‘n unieke manier die Here te ontmoet. Die volgende kampe sal wees 26-29 September vir laerskool kinders en 29 September tot 2 Oktober vir hoërskool kinders. In The House en Cjay was van die hoogtepunte, en foto’s sal eersdaags op Facebook en die website beskikbaar wees.
Eddie Botes se liedjie “Pappa Wys My Jesus” het deurgedring na die top vyf van Angel Music Productions se liedjieskryfkompetisie, en eindig op nommer twee. Baie geluk, Eddie! Julle gaan nog baie van hierdie man en sy musiek hoor!



