Ja, soos almal weet bring die lente nuwe lewe! En dit lyk vir my dis dieselfde met die Gospel industrie! Hierdie maand is propvol gebeurtenisse om al wat ‘n Christen is se voorkeur en smaak te pas!
Designed 2 Shine is hierdie naweek, en ons kan nie meer wag nie! Meer as 35 denominasies en sommer ‘n stampvol saal word verwag. Daar is kaartjies weggegee op televisiestasies, radio en sommer hier op die internet ook. Maar as jy uitgemis het, kan jy nog kaartjies kry by Itickets of by die deure.
As julle nog nie gehoor het van Godly Revolution nie, dan was julle seker nie in die land die laaste paar weke nie! Almal wat iets te doen het met tieners of jong volwassenes behoort hiervan te weet! Dis ‘n lekker geleentheid waar die jongmense die naam van God grootmaak en ‘n heerlike lot musikante se musiek waardeer. Daar is ook stalletjies met CD’s en ander gedoentes om die jongklomp mee te vermaak. Die kaartjies is beskikbaar op verskeie plekke insluitend Gospel Direct en Itickets. Dit word aangebied by Gallagher Estate hierdie jaar en belowe om een fantastiese geleentheid te wees!
Onthou om uit te kyk vir die volgende nuusbrief – en jy kan sommer hier inskryf daarvoor indien jy nog nie een ontvang nie – stuur ‘n e-pos na mail@dynamitepromotions.info
















